top of page

Perde-uithouritte is een van die perdry-dissiplines wat die vinnigste groei in die wêreld toon en vir baie mense is dit 'n leefwyse. Diegene wat eers deur dié gogga gebyt is, weet persies wat die sportsoort vir die ruiter en sy perd beteken.   Oningeligtes kan in dié boek 'n oorsig van die sport kry en ook iets leer van die grootste uithourit in die wêreld, die jaarlikse Suid-Afrikaanse Fauresmith 200. Terselfdertyd verken die boek die sport vir diegene wat goed vertroud daarmee is en roep dit herinneringe op vir diegene wat al tevore by Fauresmith betrokke was.

In die boek word die kennis van dr. Paul van Dam, wat reeds 20 jaar in die sport betrokke is, gekombineer met die uitsonderlike fotografie van Anzel Potgieter, wat by die uithouritsport betrokke geraak het danksy haar ma, Ansie, wat ook 'n gretige uithouritruiter is.

Book: Uithou en Aanhou

R300.00Price
Quantity
    bottom of page